Kinderwerf

Ons Tuisblad Friday Madness Specials Gemeenskaps Dagboek / Community Diary Kindersafe produkte Kindersafe2 Kinderwerf Simply Spray Products plus Party planning Home Services Ads  Product List 1 Tutoring / Klasse Stroop Stout Smalls Charmed Creations Lingerie Lingerie 2 Tickle Me Pink Book Exchange Trixi's Poetry Corner Gaste Boek Kontak ons Favorite Links

Kinderprodukte

Hou ons gereeld dop vir nuwe Kinderwerf aanbiedinginge

Loebi Leesklub

Loebi LeesklubHoe sluit ek aan? Onderteken die debietorder vorm. Aftrekkings geskied op die eerste van elke maand. Lesse word eers gestuur nadat jou debietorder suksesvol deurgegaan het. Aansluiting is vir een jaar.KostesOpsie 1: ElektroniesDie Klub kos R60 'n maand, indien jy jou maandelikse les van die webwerf aftrek. Jy sal met aansluiting instruksies ontvang van hoe om dit te doen asook 'n gebruikersnaam en wagwoord. (Prys is dieselfde maak nie saak waar in die wêreld jy is nie!) Jy het dus volle toegang tot al die Loebi-aktiwiteite wat op ons webwerf is.Opsie 2: CDJy kan elke maand die les op CD ontvang, indien jy dit sou verkies. Koste hiervoor beloop dan 'n ekstra R20 om verpakking en posgeld te dek. Dus kos hierdie opsie R80 'n maand. (Hierdie prys is slegs vir Suid Afrika. Namibië se koste is R100. Persone in ander lande kan ons kontak vir pryse) Indien jy hierdie opsie kies, sal jy twee maal 'n jaar die speletjies wat op die internet beskikbaar is asook die boeke in die Drakoteek, op 'n CD ontvang. Vanselfsprekend het jy ook volle toegang tot al die Loebi-aktiwiteite op ons webwerf. (Opsie 1 mense kan kies op hierdie teen 'n ekstra koste aan te koop). Opsie 3: Klaar gemaakJy kan ook kies om elke maand die les klaargemaak te ontvang. Met jou eerste les ontvang jy dan 'n Loebie leêr waarin jy dan elke maand jou papiere wat jy ontvang kan plaas. Jy ontvang ook al jou hulpmiddels soos jou posters (A3 grootte gelamineer), leeskaarte (gelamineer) klaargemaak. Al wat jy dan op CD ontvang is die storie wat jou kind kan luister. Indien jy hierdie opsie kies, sal jy twee maal 'n jaar die speletjies wat op die internet beskikbaar is asook die boeke in die Drakoteek, op 'n CD ontvang. Vanselfsprekend het jy ook volle toegang tot al die Loebi-aktiwiteite op ons webwerf. Koste hiervoor beloop R160, posgeld ingesluit. (Hierdie prys is slegs vir Suid Afrika, Namibië se koste is R200 'n maand. Persone in ander lande kan ons kontak vir pryse) Jy kan ook vooruit betaal vir die hele jaar (12 maande) Indien jy hierdie opsie kies, kry jy twee maande gratis. Dus kos die elektroniese opsie jou slegs R600, die CD-opsie jou slegs R800.(* Namibië: R1000) en die klaargemaakte opsie R1600 ( * Namibië R 2000) Lesse word steeds maandeliks gegee.Tweede Kinders Indien jou oudste kind 'n Loebi-klublid is, kan jy jou tweede kind aansluit vir slegs R20 'n maand, vir solank jou oudste kind lid is! (Hierdie aanbod geld slegs vir opsie 1 en 2 en sluit opsie 3 uit!) Wat is in elke pakket?Betaling:Vul die debietorder in. Merk asseblief die pakket wat jy wil bestel sowel as die ouderdomsgroep van jou kind. Faks die vorm na 0866 56 77 55.Indien jy vooruit betaal, kan jy die geld soos bo aangedui in die volgende rekening inbetaal. Faks asseblief jou bewys na 0866 56 77 55. Aansluiting is dan vir 12 maande. Vul die ook die aansluitingsvorm aan – los net die debietorder deel uit. Faks na 0866 56 77 55Bank: ABSARekeninging naam: Martie KrugerRekening Tipe: SpaarrekeningRekening Nr: 38068311681Tak kode: 632 005

Agente